BOERE LAND EPISODE 1: Voorbereiding (deel 1)

Описание к видео BOERE LAND EPISODE 1: Voorbereiding (deel 1)

BOERE LAND is ‘n boerderyprogram. Dit is ‘n inisiatief wat ‘n geleentheid bied vir mense om te leer oor landbou en die landelike leefwyse in Suid-Afrika.

Die program speel af op die plaas Boschkop wat ń gemengde boerdery is, dit het ontstaan in1964.

Die episodes sal die daaglikse take en interessante aspekte dek, maar ook die uitdagings wys wat in die boerdery is. Die boerdery maak gebruik van tradisionele boerderymetodes, maar ook van moderne boerderymetodes soos presisietoerusting en tegnologie.

Die eerste episode sal gefokus wees op die voorbereiding, alles wat opbou tot planttyd en ook oestyd in 2023 soos genoem.
Tussen deur die boerdery is daar ook skoolaktiwiteite – sport, akademie, gesinsaktiwiteite en gemeenskapsverpligtinge.
Boere Land is meer as net ‘n program; dit is ook ‘n klerehandelsmerk wat die boeregemeenskap in Suid-Afrika verteenwoordig.Die groot trefkrag lê in die feit dat mense iets kan leer van landbou maar dat dit ook sterk ondersteun word deur die landbougemeenskap.

Boere Land is geskep om mense op te voed oor die belangrikheid van landbou in Suid-Afrika. Dit het ten doel om bewustheid te kweek oor die uitdagings wat boere in hul daaglikse werk in die gesig staar, soos droogte, klimaatsverandering en ekonomiese druk. Deur middel van die program moedig Boere Land mense aan om die boeregemeenskap te ondersteun en die harde werk te waardeer wat daaraan verbonde is om die voedsel te produseer wat ons eet.
Die program stel ook die skoonheid van boerdery in Suid-Afrika ten toon. Met sy pragtige landskappe, unieke flora en fauna, en ryk kulturele erfenis, is boerdery in Suid-Afrika werklik ‘n besonderse ervaring.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке