Planete en die sonnestelsel ▶ Leer al die planete in Afrikaans!

Описание к видео Planete en die sonnestelsel ▶ Leer al die planete in Afrikaans!

As jy vir jou kind die planete wil leer is jy by die regte plek! Hierdie video word toegewy aan al die planete in die sonnestelsel. Eerstens verduidelik ons die verskil tussen sterre en planete. Ons verwys na die son as die grootste ster in ons sonnestelsel. Ons stel dan die planete bekend, verduidelik dat planete om hul eie as draai en ook wentel om die son in hul wentelbane. Ons kyk wat al die planete se name is en in watter volgorde hulle van die son af is. Dan kyk ons ook spesifiek na die aarde, hoe lank dit die aarde neem om 1 keer om sy eie as te draai en hoe lank 'n jaar is. Ons hou die video eenvoudig sodat die kleiner maatjies ook kan verstaan van planete.

Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen die planete se name en volgorde van die son af gereeld met jou kind.
Ook belangrik om te onthou:

Wanneer die planete hersien word, doen dit in volgorde van die son af:
- Mercurius
- Venus
- Aarde
- Mars
- Jupiter
- Saturnus
- Uranus
- Neptunus

As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander Afrikaanse lessies vir kinders!

"Subscribe" hier: https://www.youtube.com/c/stegosaurus...
Loer na ons webtuiste met al ons videos! www.stegosauruslearning.co.za
Ons is ook op Facebook - volg ons daar:
  / stegosauruslearning  
www.stegosauruslearning.co.za

Комментарии

Информация по комментариям в разработке