Onvergeetlike TAMATIEBREDIE POTJIEKOS, ook bekend as TAMATIEKOS - Weskus Kampkos (Kosmeester Kortes)

Описание к видео Onvergeetlike TAMATIEBREDIE POTJIEKOS, ook bekend as TAMATIEKOS - Weskus Kampkos (Kosmeester Kortes)

Hierdie is een van Kosmeester Kortes se gunsteling geregte. Die potjie soos in hierdie video gedemonstreer, raak net nog lekkerder as hy gaar gemaak is en vir 'n paar ure rustig langs die vuur of op koue kole staan, wat maak dat die sous verdik en die geure konsentreer, wat eenvoudig 'n smaaksensasie van epiese proporsies besorg. Let wel, ek het potjie in video geproe na sowat 3 ure se kook, maar daarna het hy vir hele paar uur gestaan wyl ons met vriende gekuier het. Wanneer jy kamp maak dit sin om kos te maak terwyl dit lig is en daarna te kuier tot die hongerpyne jou oorval laataand. Die gereg is eger ook uit die boonste gestoeltes direk na hy gaar is, alhoewel die staantyd hom net nog lekkerder maak.

Inkopielyssie:
4 Groot Uie (geskil en grof opgekap)
12 Aartappels (geskil en in kwarte gesny)
12 Wortels (geskil en 5cm stukke gesny)
2kg ryp tamaties (of 4 blikke tamaties)
100g pakkie tamatie pasta
2kg - 2.5kg lamsvleis (ek het sommer boud-, blad- en nektjops in stukke gesny en gebruik)
Ina Paarman Hoender- of groente aftrekselpoeier (of aftreksel van jou keuse)
Sout na smaak (of Kosmeester Kortes BRAAIMEESTERGEUR vleis speserye - te koop by kosmeester.co.za)
Wit Peper (Baie, baie belangrik)
2 Eetlepels Suiker
Swart Peper (opsioneel).

Metode: Soos gedemonstreer in hierdie video. Belangrike advies in video.

Bedien met rys.
#kosmeesterkortes #potjiekos #tamatiebredie

Комментарии

Информация по комментариям в разработке