Velddrif

Описание к видео Velddrif

Verse 1
Waar die Berg rivier in die see in gly,
Waar die see en die son in harmonie bly,
Waar die mense nog groet as jy verby hulle ry,
Dis die plek, dis die plek, dis net die plek vir my.

Verse 2
Van lekker Laaiplek af as jy oos-waarts ry,
Op teen die heuwel, dan by Pampoengat verby,
Waar die beste geheim in die Weskus rus,
Daar is net een plek en dis die mooie Velddrif.

Chorus
Dis die plek, dis die plek, dis die plek vir my,
As ek oor die brug in die dorp in ry,
My hart klop sag en ek kan nou rus,
Dis die plek, dis die plek, dis mos net Velddrif.

Verse 3
Die see het gegee en die see het geneem,
Visser manne het gekom en het uit die see geleen,
Waar die geld so in die windjie mos kan stink,
Laat dit die dorp se liggies tog so mooi blink.

Bridge
'n Koffie en 'n bokkom kry jy net in Bokkomlaan,
Terwyl jy kyk na pienk flaminke wat so staan,
Pasop net vir die honde of 'n wilde pêlikaan,
Van haarders tot snoek en groot galjoen,
Die dorpie se vrede sal jou hart versoen.

Chorus
Dis die plek, dis die plek, dis net die plek vir my,
As ek oor die brug in die dorp in ry,
My hart klop sag en ek kan nou rus,
Dis die plek, dis die plek, dis mos net Velddrif.

Outtro
Dis die plek, dis die plek, dis net die plek vir my,
As ek oor die brug in die dorp in ry,
My hart klop sag en ek kan nou rus,
Dis die plek, dis die plek, dis mos net Velddrif.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке