Riaan Grobler - Die Boek

Описание к видео Riaan Grobler - Die Boek

'Alles' is Riaan se sesde album, sedert die uitreiking van sy eerste album in 2006. Riaan raak ongelooflik emosioneel, dog opgewonde, as hy vertel oor die eerste enkelsnit, 'Die Boek', juis omdat die gewilde liedjieskrywer, Rudi Claase, dit spesiaal vir hom geskryf het met die doel om deur ‘n moeilike tyd te kom.
In 2016 het Riaan persoonlik deur die grootste krisis van sy lewe gegaan toe sy ma in die vroeë oggendure van 26 April in ‘n hospitaal te Pretoria sterf. Twee weke tevore het Rudi die liedjie vir Riaan en sy ma geskryf, nadat Riaan op Facebook sy hartseer en bekommernis oor sy ma se siekte gedeel het. Alhoewel dit ‘n baie dieper betekenis vir Riaan het, is dit ook een van die mooiste liefdesliedjies, waar iemand ‘n geliefde verloor het en nie daardie boek kan toemaak nie. Net soos vir Riaan, hoop hy dat hierdié snit ook vertroosting en hoop vir ander kan bring.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке