Die Boeries - Bokke

Описание к видео Die Boeries - Bokke

Amptelike musiekvideo vir ‘Bokke’ deur ​⁠​⁠​⁠​⁠‪@DieBoeries‬

Beskikbaar op alle aanlyn platforms!
https://linktr.ee/dieboeries

Opgeneem en gemeng deur ​⁠​⁠​⁠​⁠‪@Corrazerwas‬
Master deur Tim Lengfeld
Verfilm en geredigeer deur ​⁠​⁠​⁠​⁠‪@DieBoeries‬

Spesiale dank aan Henk Jacobs, ​⁠​⁠​⁠​⁠‪@waterbergacademy1800‬ & Henco Meyer

🇿🇦🏆🏉🇿🇦🏆🏉🇿🇦🏆🏉🇿🇦🏆🏉🇿🇦

BOKKE

Dis wêreldbeker tyd en die Bokke is op pad om weer gat te skop
Ek haal my beste tjoppies uit, steek aan die vuur en skink ‘n stywe dop
Kry al die snacks lekker in plek en braai ‘n stoute stukkie boerewors
Staan bietjie nader, kom vergader en sing saam met my uit volle bors

Ja die Bokke - gaan die beker vat
Ja die Bokke - gaan skop weer gat
Ja die Bokke - net hulle kan
Want die Bokke is numba one!

Ou Polla piets hom oor die lat en Cheslin systap soos ‘n handsak dief
Eben tackle laat dit klap en Siya storm soos ‘n Xhosa chief
Skrum hulle plat tot hulle kak en laat die beker na sy huis toe kom
Staan bietjie nader, kom vergader en sing saam met my uit volle bors

Ja die Bokke - gaan die beker vat
Ja die Bokke - gaan skop weer gat
Ja die Bokke - net hulle kan
Want die Bokke is numba one!

Комментарии

Информация по комментариям в разработке