GEKOOKTE KONDENSMELK

Описание к видео GEKOOKTE KONDENSMELK

"Gekookte Kondensmelk" is 'n eksperimentele toneelstuk wat die impak van kunsmatige intelligensie (AI) op kunstenaars ondersoek. Dit verken die vrese en etiese kwessies rondom die vervanging van menslike kreatiwiteit deur AI in die kunswereld. Deur 'n reeks dialoë, monoloë, en visuele vermoëns, verken die toneel die uniekheid van menslike bydraes tot kuns en die uitdagings wat die opkomende tegnologie vir kunstenaars meebring.

Neem deel aan ATKV tienertoneel op 7 Augustus waar meer as 30 produksies aan deelgeneem het en behaal die volgende prestasies:
Die produksie verwerf ‘n algehele Silwer prestasie. Die groep behaal goud vir Ensemble. Die produksie is ook genomineer vir Beste Ensamble en eindig 2de. Verder is die stuk ook genomineer vir die beste Tegniese Aspekte en eindig hier ook 2de.

Jean-Mari Lombard ontvang Silwer vir Regie, Silwer vir Kostuumontwerp en Silwer vir Stelontwerp en inkleding.

Sunette Burger ontvang Silwer vir Hulp Regie.

Ciara Archer ontvang Goud vir Multi-media, Silwer vir Klankontwerp en Silwer vir Beligtingsontwerp.

Welri Britz ontvang Brons vir Verhoogbestuur.

Hulle neem ook deel aan die FAK Allegretto Tienertoneel fees op 13 Augustus waaraan 11 ander produksies aan deelgeneem het en behaal die volgende prestasie:
Die produksie ontvang ‘n algehele Silwer prestasie en wen Beste Produksie in die kategorie Ander, wen ook Beste Ensamble by die fees, wen Beste Kostuum. Verder is die groep genomineer vir die Beste Produksie by die fees en eindig 2de. Hulle is ook genomineer vir die beste Tegniese Aspekte en behaal 2de plek. Die produksie ontvang ook Goud vir Koreografie, Goud vir Klankbaan, Goud vir Tegniese aspekte, Silwer vir Klanksamestelling, Silwer vir Plakkaat, Silwer vir Ensamble, Silwer vir Dekor, Silwer vir beligtingsontwerp, Brons vir Grimmering.

Jean-Mari Lombard ontvang Silwer vir Regie, Silwer vir Kostuumontwerp en Silwer vir Stelontwerp en inkleding. Sy is ook genomineer as Beste Regisseur en eindig 3de.

Sunette Burger ontvang Silwer vir Hulp Regie.

Ciara Archer ontvang Goud vir Multi-media, Silwer vir Klankontwerp en Silwer vir Beligtingsontwerp.

Welri Britz ontvang Goud vir Verhoogbestuur.

Moratuwa Makae ontvang Goud vir Verhoogulp

Zenaydia Rossouw ontvang Goud vir Verhoogulp

Johnwin Katoane ontvang Goud vir Verhoogulp

Nerina Wepener ontvang Goud vir Verhoogulp

Ismari Dippenaar ontvang Silwer vir Spel, sy wen Beste Vroulike Byrol.

Tienike Fick ontvang Silwer vir Spel. Sy word genomineer vir Beste Vroulike Byrol en eindig 2de.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке