Groente vir kinders in Afrikaans / Lami Leer en Speel Videos

Описание к видео Groente vir kinders in Afrikaans / Lami Leer en Speel Videos

Groente laat ons lekker voel! Kom speel saam met verskillende soorte groente. Ons leer hul name, kyk hoe maatjies groente eet en sien waar dit vandaan kom. Die boere werk hard om vir ons gesonde kos in ons dieet te gee. Pragtige prente en oulike liedjies spesiaal vir kleuters en jong kinders.

Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
https://ko-fi.com/koffievirlami
Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.

Jy sal hierdie soorte groente sien:

Yster pampoen
Hubbard skorsie
Botterskorsie
Soet patat
Blaarslaai
Spinasie
Ui
Broccoli / Spruitjies / Winterkool
Blomkool
Wortels
Aartappel
Groenboontjies
''
Meer oor Lami Leer en Speel Videos: Opvoedkundig

Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.

Kontak ons gerus by: [email protected]

Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse YouTube mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.

Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.

Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.

Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке