Wat is krag? - Andries Enslin, 22 April 2018

Описание к видео Wat is krag? - Andries Enslin, 22 April 2018

DATUM:22 APRIL 2018

PREDIKER:ANDRIES ENSLIN

REEKS:HET JY DIE KRAG?

TEMA:WAT IS KRAG?

TEKS:HANDELINGE 1:2-5 (DB)

______________________________________________________________________________

Nadat Jesus-hulle weer by die huis ingegaan het, vra sy dissipels Hom stilletjies: “Hoekom kon ons nie van die bose gees ontslae raak nie?” Jesus sê toe: “Hierdie soort bose gees kan net uitgedryf word as jy God in gebed daarvoor vra.” Markus 9:28-29 (DB)

Een ding moet julle nie vergeet nie: dit sal verskriklik gaan net voor die Here weer kom. Ek gaan ’n lysie maak van wat mense dan alles sal doen. Elkeen sal net aan homself dink en niks vir ander omgee nie. Geld gaan vir hulle alles in hulle lewe word. Hulle gaan ’n klomp grootmonde wees wat dink hulle is beter as ander mense. Hulle sal nie omgee om ander mense baie seer te maak met hulle beledigings nie en hulle sal hulle nie meer steur aan hulle ouers nie. Hulle sal ondankbaar wees en niks vir God omgee nie. Liefde sal nie deel uitmaak van hulle woordeskat nie, maar hulle sal alte goed weet hoe om ’n wrok teen ander te dra, of om lelike stories oor ander te versprei. Hulle sal spesialiseer daarin om net te doen wat hulle wil sonder om om te gee wat gaan gebeur, selfs al beteken dit dat hulle op so ’n manier mense buitengewoon seermaak. Moenie vir hulle voorstel om iets goeds te doen nie, want hulle haat dit. Jy sal hulle glad nie kan vertrou nie, want hulle sal jou om die eerste draai in die rug steek. Hulle sal nie omgee om deur hulle optrede ander mense in gevaar te stel nie en boonop sal hulle dink dat hulle baie beter is as ander mense. Hulle sal die poele van plesier kies eerder as vir God. Van buite af sal dit lyk of hulle kerkmense is, maar aan hulle binnekant sal hulle dolleeg wees, sonder God en sy krag. Bly weg van hierdie tipe mense af. 2 Timoteus 3:1-5 (DB)

WAT IS KRAG?

Wonderwerkende krag:

“Dié wat glo, sal baie wonderlike dinge doen. Ek sal hulle die krag gee om demone uit mense te verjaag. Hulle sal spesiale nuwe tale kan praat en sal slange met hulle kaal hande optel. Gif en sulke dinge sal hulle ook niks kan aandoen nie. Hulle sal net aan siek mense raak en die mense sal dadelik gesond word.” Daarna is die Here Jesus terug hemel toe om by God self op ’n ereplek te sit. Sy volgelinge het die boodskap oral gaan vertel. Die Here self het hulle gehelp en het gewys dat dit waar is deur wonderlike dinge daarna te laat gebeur. Markus 16:17-19 (DB)

Karakterkrag:

Immers, as iemand ’n kind van God is, sal ’n mens in die manier waarop hy leef die krag van God kan sien. Dit vra baie meer as om net ’n klomp storietjies te maak. 1 Korintiërs 4:20 (DB)

Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie. 2 Timoteus 1:7 (DB)

Hoe lyk jou en my lewe, het ons die krag?

KERKKALENDER – TYD WAARIN ONS LEEF

Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy oor ’n tyd van 40 dae ’n hele paar keer aan sy apostels verskyn om vir hulle te wys dat Hy regtig lewe. Hy het gereeld met hulle oor God se nuwe wêreld gepraat. Eenkeer toe hulle almal so saam was, het Jesus vir hulle gesê: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie. Bly daar totdat my Vader die belofte wat Hy aan julle gemaak het, waar laat word. Vroeër het Ek vir julle gesê dat Johannes die Doper julle met water doop, maar dat God julle binnekort met die Heilige Gees gaan doop. Dit is hierdie belofte waarop julle nog so ’n klein rukkie moet wag.” Handelinge 1:2-5 (DB)

Комментарии

Информация по комментариям в разработке