Sober deur Willie Pienaar

Описание к видео Sober deur Willie Pienaar

Willie Pienaar vertel ons meer oor sy boek, Sober. Kom kyk saam!

Meer oor die boek:
Menige individue en gesinne worstel onder die swaar juk van verslawing. Met Sober: ’n Praktiese gids na vryheid van verslawing bied professor Willie Pienaar hoop vir almal wat in die strik van afhanklikheid vasgevang is.

Verslawing is ’n breinversteuring wat die verslaafde kompulsief afhanklik maak van nadelige maar lonende stimuli. Tog is daar hoop op bevryding. Hierdie boek fokus op alkoholmisbruik, maar ander tipes van afhanklikheid word ook bespreek. Die skrywer lei die leser met behulp van feite en motivering tot herkenning en, uiteindelik, erkenning op die pad na soberheid en oorwinning.

Willie Pienaar is ’n psigiater en terapeut wat vir meer as dertig jaar in die veld van verslawing werk. Sy kennis, ervaring en innige empatie maak van hom ’n onbetwisbare kenner op hierdie gebied. Hy tree in eerlike gesprekke met die leser om die stigma en mites van afhanklikheid te besweer en die feite omtrent afhanklikheid te verduidelik.

Hierdie gids bied praktiese antwoorde wat verslaafdes en hulle geliefdes op die pad na vryheid kan lei.

Sober is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке