Wat is die rol van die kerk in ons samelewing? Seg 1 - PRONTUIT | 18 Feb 2019 | kyknet

Описание к видео Wat is die rol van die kerk in ons samelewing? Seg 1 - PRONTUIT | 18 Feb 2019 | kyknet

PRONTUIT – DIE ROL VAN DIE KERK – SEG 1 – 18 FEB 2019
Wat is die rol van die kerk in ons samelewing?

Die rol van die kerk is die afgelope tyd weer druk bespreek deur briewe en rubrieke in die Afrikaanse koerante, na aanleiding van die rolprent Dominee Tienie. Daar was selfs ‘n klag teen die rolprent ingedien. Die afname in tradisionele kerke se lidmaatgetalle wêreldwyd, was ook die afgelope tyd in die nuus. In Suid-Afrika volg tradisionele Afrikaanse kerke ook dié tendens. Die NG Kerk en die Gereformeerde kerk het, soos die Katolieke Kerk, beteknisvolle verliese aan lidmaatgetalle gely. Die Verenigende Gereformeerde kerk se lidmaatgetalle lyk of dit toeneem en dit wil voorkom asof dit ook die geval met charismatiese kerke is. Dan is daar ook die sogenaamde “sektes” wat lyk of dit veld wen – kerke wat hul lidmate vreemde en selfs gruwelike en onwettige dinge laat doen. Die kerk het duidelik nog ‘n plek en ‘n rol, maar wat? En hoekom verskil gewildheid wat betref denominasies?
Ons gesels met professor Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, voormalige moderator van die Verenigende Gereformeerde kerk, Dr. Carin van Schalkwyk, lid van die NG Kerk se moderamen en dominee op Philippolis in die Vrystaat en Jean Oosthuizen, skrywer van Die opkoms en ondergang van die NG Kerk.

Following the release of the film, Dominee Tienie, much has been said about the role of the church in our society. One member of the public even went so far as to lodge a complaint about the film. The decline in amount of congregants that belong to traditional churches worldwide has also recently been the focus of much media attention. In South Africa, a similar situation has been playing out with the Dutch Reformed Church, Reformed Church, and Roman Catholic Church steadily losing congregants. This while the United Reformed Church seems to winning congregants alongside more charismatic churches. In addition there are the various cults that have been gaining popularity despite subjecting congregants to strange and at times horrendous and illegal practices. The church definitely has a role to play, but what is this role? How and why does popularity differ along denominational lines? We chat to professor Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, former moderator of the URC, Dr Carin van Schalkwyk, moderamen of the Dutch Reformed Church and reverend in Philippolis in the Free State and Jean Oosthuizen, author of, Die opkoms en ondergang van die NG Kerk.

---

Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot.
Volg kykNET op Twitter:   / kyknettv  
Like kykNET op Facebook:   / kyknet  
Besoek http://kyknet.dstv.com

kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!

Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!

Комментарии

Информация по комментариям в разработке