JOU GELOOF LEK UIT OOR JOU LIPPE - Stephan Joubert, 11 November 2018

Описание к видео JOU GELOOF LEK UIT OOR JOU LIPPE - Stephan Joubert, 11 November 2018

JOU GELOOF LEK UIT OOR JOU LIPPE

PROF. STEPHAN JOUBERT

Psalm 141:1-4
Prediker 7:27-30
Jakobus 1:5-8

1. Dwaasheid is altyd hoorbaar volgens Spreuke

Spreuke 10:7b (DB)Slegte mense se woorde is vol haat en geweld.

Spreuke 10:18b (DB)Skinderpraatjies is tipies van ’n dwaas.

Spreuke 11:11b (DB)’n Slegte mens se woorde en dade kan ’n hele gemeenskap laat ly.

Spreuke 11:13a (DB)Iemand wat skinderstories versprei, lap ander se geheime uit.

Spreuke 12:6a (DB)Goddelose mense se woorde probeer jou in ’n lokval lei.

Spreuke 13:3b (DB)’n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid.

Spreuke 15:1b (DB)Skerp woorde maak mense woedend.

Spreuke 15:4b (DB)Vlymskerp woorde kan mense breek.

Spreuke 18:2b (DB)’n Dwaas se mond is altyd vol oor ander mense.

Spreuke 18:7 (DB)’n Dwaas se ondergang is sy mond. Hy praat te veel en skinder oor almal en vertel ’n spul leuens. Naderhand verstoot almal hom.

2. Systap daardie skokkende statistiek en raak God se wysheid baas

Wysheid begin met vrees vir die Here. En met respek vir ander.

WYSHEID IS SKAARS! EEN UIT ’N DUISEND

Prediker 7:27-29 (DB)Al hierdie kennis en insig het ek stukkie vir stukkie gekry toe ek die lewe bestudeer het. Daar is nog iets wat ek gesien en waarop ek geen antwoord het nie. En dit is dat jy dalk nog ’n goeie man tussen duisend mense sal kry, maar nie so ’n vrou nie. Ek het tot die slotsom gekom dat God die mens maar ’n eenvoudige wese gemaak het, maar dat hy altyd moeilike vrae vra.

Vermy daardie 41 woorde per 160 kilometer.

BID OM WYSHEID EN ONTVANG DIT

Jakobus 1:5-8 (DB)As julle egter in ’n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om te doen, gaan vra vir God. Hy sal nie snaaks van julle dink of julle verwyt omdat julle onseker is hoe om vir Hom te leef nie. Hy sal julle eerder help met alles wat julle nodig het. Gaan vra; Hy sal gee. Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie. Verwag en weet vir seker dat Hy sal help. Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg. Dit is ’n goeie voorbeeld van iets wat g’n koers of sekerheid het nie. Dié voorbeeld pas by iemand wat gedurig twyfel of die Here hom regtig gaan help. Vir so iemand sal die Here nie veel beteken nie, want nes hy gebid het dat die Here hom moet help, swaai hy om en sê dat dit nie kan of sal gebeur nie. En wat help dit?

BID OM ’N WAG VOOR JOU MOND

Psalm 141:3 (DB)Here, help my om nie onnodig te praat nie. Leer my om versigtig te wees met wat ek sê.

PRAAT VARSER, OP DIE SPREUKE MANIER! LEER BY WYSE MENSE, WANT DIE WOORDE VAN
’N WYSE IS ’N GROOT SEËN EN INSPIRASIE

Spreuke 10:11 (DB)’n Gelowige se woorde kan baie vir mense beteken. Dit is ’n onuitputlike bron van inspirasie. Slegte mense se woorde is vol haat en nyd.

WANNEER WYSES PRAAT, KAN JY HOOR HULLE KEN DIE LEWE

Spreuke 10:13 (DB)Wanneer ’n wyse praat, kan jy hoor hy ken die lewe. ’n Dwaas se woorde bring ’n mens net in die moeilikheid.

WYSES SE WOORDE IS SOOS SAAD WAT GESAAI WORD -
LATER DRA DIT BAIE VRUG IN ANDER SE LEWE

Spreuke 12:14 (DB)’n Gelowige se wyse woorde is soos saad wat gesaai word. Mettertyd dra dit baie vrug in ander se lewens.

WYSES PRAAT ALTYD DIE WAARHEID. MENS KAN OP HULLE WOORD STAATMAAK

Spreuke 12:17 (DB)’n Gelowige praat altyd die waarheid. ’n Mens kan op sy woord staatmaak. ’n Vals mens lieg net.

WYSE MENSE IS BESKEIE OOR AL HULLE KENNIS

Spreuke 12:23 (DB)’n Slim mens is beskeie oor al sy kennis. Dom mense blaker die min wat hulle weet, vir almal uit.

WYSES SE SAGTE ANTWOORDE LAAT WOEDE BEDAAR

Spreuke 15:1 (DB) ’n Sagte antwoord laat die woede bedaar. Skerp woorde maak mense woedend.

WIE LET OP WAT HULLE SÊ, VERSTAAN WAT WYSHEID IS

Spreuke 17:27 (DB)Wie let op wat hy sê, verstaan wat wysheid is. Wie sy humeur in toom hou, ken die regte lewenstyl.

WYSES SE WOORDE IS SOOS ’N BORRELENDE FONTEIN

Spreuke 18:4 (DB) ’n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle op die regte pad.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке