JAN JAN JAN - Die RSA is in my DNA (Official Music Video)

Описание к видео JAN JAN JAN - Die RSA is in my DNA (Official Music Video)

Official Music video for "Die RSA Is In My DNA" by Jan Jan Jan.

Download or stream hier - https://selectmusiek.lnk.to/RSAInMyDNA

Volg hierdie skakel om die storie agter die lied te sien:    • Die RSA is in my DNA - Jou Huis is HIER!  

Follow Jan Jan Jan op Social Media:
Facebook -   / janjanjanboerboel  
Instagram -   / janjanjan_officialsa  
TikTok - https://vm.tiktok.com/g7cGwA/

Clothing and styling by: https://www.boerboelwear.co.za/
Directed by Christian Wolf
Executive Producer: Stephan Hugo for Boerboel Wear
2'nd Camera: Hanru van Zyl
Drone Plates: Jacques Crafford
VFX: Louis Minnaar
Edit & Color grading: Christian Wolf @ BrickWolf Studios

Thanks to all the welcoming and helpful people of Graaff-Reinet, Wilderness and George. S

PECIAL MENTION TO:
Solidariteit Helpende Hand for partnering with us to realise our vision with this song. Johan Minnaar and James Kingwill for the use of their beautiful farms for shooting purposes. Loraine Van Zyl for ensuring an amazingly comfortable stay at Victoria Square Guest House, Graaff-Reinet. Lezette for ensuring an amazingly comfortable stay at Two Fat Owls Guesthouse, George.

Die RSA Is In My DNA:
Gewortel in die Suide van Afrika
Stormwaters deur oor berge met die os en wa
Vier eeue lank is ‘n volk gevorm hier
Deur oorloë, deur teëspoed, deur vuur

Al word daar vir my, vir ons gesê
Dat my herkoms ver bo in die Noorde lê
Is ek uit hierdie grond verbou
Hier lê van my bloed, sweet en klippe kou

En al word daar wyd vertel
Op hierdie plek verduur jy hel
Bly ek saai
Bly ek bou
Hou ek moed
Bly ek vertrou

My stam so taai soos die van die Waboom
Oë na Bo en ek bly nog glo
In die vlaktes voel ek tuis
Dit is so lank al ons huis
Sal lewe tot ons sterf in Suid-Afrika
Die RSA is in my DNA

Hier’s waar die kranse my stem herhaal
My vaderland en oorsprong van my moedertaal
Ek ken goed die gloed van die somerson
Die tarentaal se roep as skemer kom

Selfs breek die droogte ook soms my spoed
Daar gevat van my en word daar ook nie vergoed
Al lê die as sover soos my oë kan kyk
Spruit ek weer soos die Waboom uit

En al word daar wyd vertel
Op hierdie plek verduur jy hel
Bly ek saai
Bly ek bou
Hou ek moed
Bly ek vertrou

My stam so taai soos die van die Waboom
Oë na Bo en ek bly nog glo
In die berge voel ek tuis

Dit is so lank al ons huis
Sal lewe tot ons sterf in die Suid-Afrika
Die RSA is in my DNA

En as die oormag voor my staan
Steek ek braaf my fakkel aan
Bly ek bid
Staan ek reg
Oorgehaal vind ek my weg

My stam so taai soos die van die Waboom
Oë na Bo en ek bly nog glo
In die lande voel ek tuis
Dit is so lank al ons huis
Sal lewe tot ons sterf in die Suid-Afrika
Die RSA is in my
Die RSA is in my
Die RSA is in my DNA

Music video by JAN JAN JAN performing Die RSA is in my DNA. (C) 2021 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under exclusive licence from Boerboel Wear (Pty) Ltd http://vevo.ly/93dJO4
#JanJanJan #DieRSAIsInMyDNA

Комментарии

Информация по комментариям в разработке