Neq Se Liedjie

Описание к видео Neq Se Liedjie

Ek het saam met Karla Van Tonder, wat een van my werkswinkels bygewoon het, hierdie lied vervaardig in 'n poging om geld in te samel en om bewusmaking aan te moedig vir 'n klein dogtertjie, Neq, wat bloedkanker gehad het. Die idee was om haar en ander soos sy te help om geskikte beenmurg skenkers te kry en ook om geld in te samel vir 'n beenmurgoorplanting.
Neq is net na middernag op 31 Desember 2013 oorlede. Maar die lied kan nog steeds ter nagedagtenis aan haar ander help met dieselfde toestand.
Kyk die video, kyk uit vir die vrystelling van die lied vroeg in volgende jaar, en ondersteun asb hierdie waardige projek.

Dankie

Heinz Winckler

Комментарии

Информация по комментариям в разработке