Getalherkenning ▶ getalle en getalherkenning in Afrikaans

Описание к видео Getalherkenning ▶ getalle en getalherkenning in Afrikaans

As jy die getalle 1-10 vir jou kind wil leer is jy by die regte plek! Hierdie kort video word toegewy aan die getalle 1 tot 10 en veral getalherkenning in die vorm van die getal, die sametelling en die woord. Getalherkenning is iets waarmee baie maatjies sukkel - veral die woorde, want van die kleiner outjies kan nog nie lees nie. Hierdie video is ideaal vir Graad R getalherkenning omdat ons die woorde ook klank. Die meeste Graad R maatjies sal al die letters herken. Ons kyk ook weer hoe mens elke getal op die regte manier skryf en dan oefen ons ook getalherkenning van getalle 1 tot 10 met flitskaarte.

Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen die getalle en getalherkenning gereeld met jou kind! Ook baie belangrik om te onthou:

Skryf die getalle (in die sand, op papier, in die lug!)
herken getalle in alledaagse take (tel hul die lekkertjies, pak hul uit ens.)

As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!
   / stegosauruslearning  
www.stegosauruslearning.co.za

Комментарии

Информация по комментариям в разработке