GROOT Kombuis | Su-an Müller-Marais maak haar ma se beskuit | 11 Augustus 2023

Описание к видео GROOT Kombuis | Su-an Müller-Marais maak haar ma se beskuit | 11 Augustus 2023

GROOT Kombuis - Su-an Müller-Marais maak haar ma, Johanna, se beskuit op Die GROOT Ontbyt, 11 Augustus 2023

Su-an skryf:

'Om my ma te sien beskuit bak is van my gunsteling kleintydherinneinge en een van die eerste plekke waar my liefde vir kosmaak begin het.

Hierdie beskuit is heilsaam, skuldvry en uiters kindervriendelik! Dit hou jou lank vol en is ook 'n uitstekende gesonde peuselhappie!'

Meng die volgende DROË BESTANDDELE:

1kg Nutty Wheat
1 kop hawermout
1 kop fyngestampte All-Bran
1 kop neute of muesli
1 kop sonneblomsaad
1 kop lynsaad
1 kop pitlose rosyne
4 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
2 koppies bruinsuiker

Meng die volgende NAT BESTANDDELE en voeg dan by die droë bestanddele:

500ml karringmelk
1 kop melk
3 geklitste eiers
250g gesmelte botter

(Skep 'n knoetsie rou deeg vir Su-an uit om te eet.)

Skep in twee gesmeerde oondpanne en bak vir 40-45min teen ongeveer 160-180 grade celsius (oondtemperature wissel) tot ligbruin. Ruil die oonpanne om ná 20minute sodat die hitte egalig versprei.

Koel af en sny in vingergroottes.

Bedien sag vir kleinste kleinkinders.

Droog uit teen 100 grade celsius vir 3-4 ure tot hard vir ouers en ouer kleinkinders.😁

Dankie liewe Moems Johanna😘

#rusk
#MaSeBeskuit
#Beskuit

Комментарии

Информация по комментариям в разработке