Die Grenswag & Troepie Doepie

Описание к видео Die Grenswag & Troepie Doepie

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook bekend as die Angola-Bosoorlog, was 'n konflik wat vanaf 1966 tot 1989 grotendeels in Suidwes-Afrika (nou Namibië) en Angola plaasgevind het.

The South African Border War, also known as the Angolan Bush War, was a conflict that largely occurred in South West Africa (now Namibia) and Angola from 1966 to 1989.


Die strydende magte was Suid-Afrika en haar geallieerde magte (hoofsaaklik UNITA – Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola) aan die een kant, en die Angolese regering, SWAVO (Suidwes-Afrikaanse Volk-Organisasie) en hulle bondgenote (hoofsaaklik Kuba) aan die ander kant.

The warring powers were South Africa and its allied forces (mainly UNITA - National Union for the Total Independence of Angola) on the one hand, and the Angolan government, SWAPO (South West Africa People's Organisation) and their allies (mainly Cuba) on the other.


Alle jong blanke Suid-Afrikaanse mans was gedurende die Grensoorlog opgeroep vir verpligte nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag.

All young white South African men were called up for compulsory national service in the South African Defense Force during the Border War.


Hierdie video bevat ‘n aantal foto’s waarvan die meeste daarvan deur Suid-Afrikaanse troepe grootliks op die grens geneem is. Die meeste van hierdie foto's was in daardie dae met eenvoudige mik-en-druk filmkameras geneem met die gevolg dat die kwaliteit daarvan nie fantasties is nie. Hoe ookal, dié foto’s gee ‘n kykie na die dag tot dag lewe in die weermag en is nie beperk tot ‘n spesifieke tyd, eenheid of plek nie en is in geen spesifieke volgorde gerangskik nie.

This video contains a number of photos of which most were taken by South African troops largely on the border. Most of these photos were taken in those days with simple aim-and-shoot film cameras with the result that their quality is not fantastic. However, these photos give a glimpse of day to day life in the army and are not limited to a specific time, unit or location and are not arranged in any specific order.


MUSIEK:


Die Grenswag - Ricardo Bornman met Gerry Lottering

Ver op die grense van ons Suid-Afrika
veg daar ‘n seun vir Volk en Vaderland.
Ver op die grense van ons Suid-Afrika
staan hy op wag deur donker nag.

Ons dink aan jou o held
waar jy alleen vertoef deur eensaam nag.
Ons dink aan jou o held
wat veg vir ons behoud.
Ons dink aan jou o held
wat alles offer wat ons land mag vra;
tot bitter einde sal jy steeds die vaandel dra!

Ver op die grense van ons Suid-Afrika
veg daar ‘n seun vir Volk en Vaderland.
Ver op die grense van ons Suid-Afrika
o dapper vrome edele held.

Ver op die grense van ons Suid-Afrika
o dapper vrome edele held;
veg hy vir ons Suid-Afrika!



Troepie Doepie - Rina Hugo

As die eerste jakaranda in Pretoria
lente ná die winter bring,
kom daar weer in my hart die somerdrome
van lank gelede, maar bring jou nie terug.

Troepie Doepie wanneer kom jy huis toe?
Uit die vreemde hoor jy hoe ek roep.
Stap deur bos en sand
en doen jou plig teenoor jou land,
maar kom terug na my my Troepie Doep.

As die maan in twee gebreek word deur die wolke
en dit sluimer hoog bo in die lug,
hang daar sterre, duisend sterre aan die hemel,
bring die laaste ster jou eendag terug.

Troepie Doepie wanneer kom jy huis toe?
Uit die vreemde hoor jy hoe ek roep.
Stap deur bos en sand
en doen jou plig teenoor jou land,
maar kom terug na my my Troepie Doep.

Troepie Doepie wanneer kom jy huis toe?
Uit die vreemde hoor jy hoe ek roep.
Stap deur bos en sand
en doen jou plig teenoor jou land,
maar kom terug na my my Troepie Doep.

Troepie Doepie wanneer kom jy huis toe?
Uit die vreemde hoor jy hoe ek roep.
Stap deur bos en sand
en doen jou plig teenoor jou land,
maar kom terug na my my Troepie Doep.

Maar kom terug na my my Troepie Doep.


#Borderwar
#Bushwar
#Grensoorlog
#Bosoorlog
#Grenswag
#SouthAfrica
#SuidAfrika
#Afrikaans
#Troepie Doepie

Комментарии

Информация по комментариям в разработке