Droogtehulp projek vir Van Wyksvlei

Описание к видео Droogtehulp projek vir Van Wyksvlei

Vriende, ek het die week 'n draai in Van Wyksvlei, Noord-Kaap, gemaak waar ons help met droogtehulp. Ons het al heelwat voer aangery maar die grootste nood is by die mense self vanweë die uitdagings van die langdurige droogte.

Vandag se "boodskap" is 'n kort video van wat ek daar gesien en beleef het. Ek wil jou uitdaag om (1) te BID, BID, BID, BID met smeking en danksegging vir Van Wyksvlei se mense en vir oorvloed reën in die Noord-Kaap. (2) Kyk asb die video oor en oor en stuur dit vir al jou kontakte aan saam met hierdie teks boodskap. Plaas dit asb ook op al jou sosiale media platforms sodat ons die hele SA bewus kan maak. (3) Daar is praktiese maniere om betrokke te raak soos ek aan die einde van die video noem. Doen dit self of saam met my deur Beginet. (4) Of motiveer jou vriendekring om saam met jou 'n Karoodorp waar droogte is aan te neem en daardie gemeenskap te ondersteun.

Die Woord sê:
"Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê."
1 JOHANNES 3:16,

"Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid."
1 JOHANNES 3:18

Ons gaan nie nét bid nie. Kom ons BID en DOEN.

Baie dankie
Deon

Комментарии

Информация по комментариям в разработке