Vind jou sterkte in die Here en sy geweldige krag Deel4

Описание к видео Vind jou sterkte in die Here en sy geweldige krag Deel4

Paulus het die agtergrond van die gewelddadige sport van die Palaestra (die gimnasium waar Olimpiese atlete in die antieke tyd geoefen het) gebruik om 'n prentjie te skilder van die intensiteit van ons stryd teen die duiwel en sy demoniese magte. Om suksesvol oorlog te voer teen owerhede, magte, heersers van die duisternis van hierdie wêreld, en geestelike boosheid, moet ons beter toegerus, waaksaam en voorbereid wees voordat die stryd begin.
In die vorige drie dele het ons gekyk na God se krag in ons lewe en ook die wapenrusting wat ons staande hou teen hierdie aanvalle toe ook na hoe die duiwel te werk gaan om ons gedagtes te penetreer en verwarring daarin te bring. Dit beteken dat die gelowige in ‘n gebroke wêreld is, maar self nie gebroke is nie, ons is herstel, gevul met krag terwyl ons ook binne-in krag is.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке