Ampie - Namib Woestyn

Описание к видео Ampie - Namib Woestyn

Nostalgiese nuwe treffer uit Ampie se pen.

Ampie het meer as ’n vakansie gekry tydens sy onlangse besoek aan Namibië. In die duine tussen die Skedelkus en die Kunene rivier het hy die woorde vir sy nuwe vrystelling gevind.

NAMIB WOESTYN vertel ’n mooi storie oor Namibië en sy landskap wat die inspirasie agter die lied was.

NAMIB WOESTYN het nostalgiese lirieke wat die luisteraars wegvoer op Ampie se reis langs die Atlantiese oseaan, verby Windhoek en Swakopmund, langs Hentiesbaai en die Skedelkus tot by Puros en Palmwag. Dit is ’n lekker saamsingtreffer met ’n country-poptoon wat ideaal is vir ’n padlangse reis. Soos Ampie sing, tower dit prentjies in jou kop op en bly die woorde nog lank by jou nadat die laaste noot reeds weggesterf het. Sy nie-kommersiële styl is altyd eerlik en ’n storie wat vertel word met diepte is weereens kenmerkend in sy nuutste vrystelling.

Daar word eersdaags ’n musiekvideo vir NAMIB WOESTYN vrygestel met foto’s wat tydens die reis geneem is. Die video word vervaardig deur Christiaan Wolf. Behalwe vir die musiekvideo, beplan Ampie nog ’n paar nuwe liedjies en vertonings op plekke waar hy nog min of selfs nooit vantevore was nie.

Ampie was nog altyd mal daaroor om sy eie musiek te skryf, te sing en op te neem. Sy besondere talent lê juis in sy veelsydigheid met die pen en stem wat hy voltyds die afgelope 15 jaar uitleef. Hy vind sy inspirasie uit enige goeie musiek, maar veral uit countrymusiek en in besonder Keith Urban se klanke. Dinge van die lewe en waar hy hom tans in sy eie lewe bevind, dien ook as inspirasie vir Ampie.
Hy beskryf die hoogtepunt van sy loopbaan as die voorreg wat hy gehad het om Joost van der Westhuizen in ’n video te kon betrek. As kind was Joost Ampie se hero. Sy toekomsdrome is om saam met Francois van Coke, Heuwels en Dewald Wasserfall te werk. Tydens sy loopbaan het hy reeds verskeie uitdagings oorkom, soos sy verhoogvrees en om te leer om in homself te glo.
Dié suksesvolle kunstenaar was al onder andere benoem vir ’n SAMA vir kontemporêre album van die jaar saam met Bok van Blerk, Elvis Blue, Jak de Priester en Andriette. Sy beskeie raad is om nie jou “betalende” daaglikse werk prys te gee nie en om hare op jou tande te hê. Ondanks sy sukses in die musiekindustrie, bly Ampie bou aan sy loopbaan as finansiële adviseur en studeer hy tans nagraads verder.

#Ampie #NamibWoestyn

Комментарии

Информация по комментариям в разработке