Ek Haal Asem - André Schwartz

Описание к видео Ek Haal Asem - André Schwartz

STREAM die liedjie en voeg hom by jou playlist hier:
bit.ly/EkHaalAsem

MUSIEKVIDEO:
Christian Wolf
van Brickwolf Creatives vir kykNET

BESTUUR & BESPREKINGS:
Corne Oosthuizen
CO Productions
012 7513601
[email protected]

MEDIA:
Tanya Smith
COP Media
083 447 1174
[email protected]

PERSVERKLARING:
André Schwartz het onlangs sy splinternuwe enkelsnit, Ek Haal Asem bekendgestel en hy deel graag met groot opwinding die musiekvideo van die hartroerende lied.

Die Ek Haal Asem musiekvideo het ten doel om die universele boodskap van die belangrikheid van asemhaal te midde van ‘n pandemie uit te beeld. Natuurlik is hierdie vanselfsprekend -aanvaarde geskenk essensieël vir alle lewe.

Die video begin met André wat onderwater is: sonder asem . Hy breek die oppervlak en ons is dadelik in ‘n wêreld waar lug, suurstof en asem leef.

‘n 14-meter hoë stallasie en 250-meter lap is gebruik om die woorde: Ek Haal Asem te verkondig in vyf verskillende tale : Afrikaans, Engels, Chinees, Nederlands, Sotho en Frans.

Die woorde is in André se eie handskrif geskryf en d.m.v reuse patrone op die lap geverf deur onder andere André self.

“ Wanneer ek na die video kyk, glimlag ek, want Ek Haal Asem” - André Schwartz.


Die Lied:

André Schwartz is geen nuweling in die Suid-Afrikaanse musiekmilieu nie. Hy’t al bewondering ingeboesem op vele platforms, plaaslik sowel as internasionaal. Te midde van talle gesondheidstruikelblokke, insluitende ‘n uitdagende stryd met Covid-19, verwoord hy in sy nuwe enkelsnit, Ek haal asem, sy waardering vir hierdie lewegewende asem op die mooiste manier hy kan – deur sang.

In samewerking met Loki Rothman, wat nie slegs insette in die skryfproses gehad het nie, maar ook die produksie behartig het, neem Ek haal asem ‘n persoonlike inslag. In ‘n pandemietyd waar asem en derhalwe lewe nie as vanselfsprekend aanvaar kan word nie, is daar vir Schwartz nie ‘n meer gepaste tyd om die Bron van alle asem te besing nie.

Ek Haal Asem, is in meeste opsigte ‘n ode van waardering aan die Skepper van lewe asook ‘n oproep om die onverskrokke uitleef daarvan.

Verder word aspekte van onthou, die mens se sterflikheid en vrees vir verlies in hierdie liriese lofsang in Schwartz se kenmerkende tenoorstem uitgebeeld. Dit is ‘n lied wat die grense van menslike emosie oorskry en jou laat, soos hy sing, met ‘n glimlag omdat jy asemhaal en omdat dit slegs genade is dat jy doen.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке