Anelia deel haar getuienis en hoe sy haar Virtuele Begrafnis diens begin het.

Описание к видео Anelia deel haar getuienis en hoe sy haar Virtuele Begrafnis diens begin het.

Anelia se oupa is in Mei 2020 in die Wes-Kaap oorlede. In Junie skryf haar ouma via Whatsapp: “Ek kon nie eers my maat groet nie… ek kon net vir oulaas by die hospitaal se ingang my elmboog teen syne druk. Hy het in sy laaste oomblikke na my geroep en ek kon nie daar wees nie.”

Na aanleiding van hierdie onbewustelike roep na hulp, ontwikkel Anelia en Andri ‘n “virtuele gedenkdiens”. Bydraes kom van reg oor die wêreld: sy dogter en kleinkinders in Australië, familie oor die hele land, die NG Gemeente uit sy geliefde tuisdorp. Op hierdie besonderse wyse vergader almal een Sondag om 10:30 – elk in hul afsonderlike sitkamers – om afskeid te neem.

‘n Skrale plaasvervanger, maar in hierdie tragiese omstandighede kon dit tog troos bied – sodanig dat dit ons roeping geword het om hierdie troos aan ander te skenk.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке