Fishrot-6 se eerste hofverskyning

Описание к видео Fishrot-6 se eerste hofverskyning

Die Fishrot-6 het midde groot media- en openbare belangstelling vlugtig op Donderdag 28 November in die Windhoek-landdroshof verskyn waar hulle borgtogaansoek tot môre (Vrydag 29 November) om 09:00 uitgestel is.
Hoewel deftig geklee in pakke, is hulle geboei na die hofsaal gebring. Toe die hof na 'n sitting van net 'n paar minute verdaag, is hulle weer geboei en toe weggelei.
Verskeie familielede en vriende het die verrigtinge in die stampvol hofsaal bygewoon. Die gewese ministers Bernhard Esau en Sacky Shanghala is beskuldigdes 1 en 2. Die ander vier beskuldigdes is mnre. James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Fitty Hatuikulipi en Pius Mwatelulo.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке