William Wolf - Droom

Описание к видео William Wolf - Droom

Dit is met groot opgewondenheid waarmee ons SAMA-erkende liedjieskrywer William Wolf(gang Loots) se langverwagte enkelsnit bekend stel.

Met sy herkenbare stem en unieke manier van skryf beweeg díe welbekende liedjieskrywer vanuit agter die skerms uiteindelik onder die kollig in. Kenners is van mening dat die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in afwagting is vir iets vars soos Wolf se liriek-melodie-gedrewe musiek. “Chorus is fantasties en een van die bestes in 'n lang tyd. Song gemaak vir mense wat actually moet kan sing!” sê Heidi Edeling, voormalige CEO van Ghoema Music Trust.

Gedurende die afgelope 16 jaar skryf goud-en platinum skrywer William op kunstenaars soos Kurt Darren, Elizma Theron, Andriëtte Norman, Brendan Peyper, Pieter Koen, Willem Botha, Heinz Winkler, Cordelia, Martin Bester, Vernon Barnard en vele meer se albums.
“Ek is so bly om my eerste enkelsnit Droom in 14 jaar met julle te deel en van hier af vorentoe op gereelde basis musiek vry te stel,” sê Wolf.

Vervaardiger: Ewald Jansen van Rensburg @ Lightstain Studios

Video vervaardiger: Nico Welgemoed

Комментарии

Информация по комментариям в разработке