Dozi - Bloutrein (Live at Theuns Jordaan Tribute)

Описание к видео Dozi - Bloutrein (Live at Theuns Jordaan Tribute)

Lirieke:

Ek wag in die straat vir genade brood
Bedel bietjies hoop met die bakhand oop
Met ‘n bord en ‘n blik skep ek koper krummels
Van die hand tot die mond val die pap op die grond
Daar’s nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Die kos lê koud in hierdie middernag land
Met ‘n helpende hand net ‘n iets vir die aand
Ek delf in die myne vir die silver sikkels
Dis ‘n groot gesukkel daar is niks meer oor nie
Daar’s nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Dis ‘n bitter soete swane sang
Maar kaalvoet op die teer raak seer Meneer
Daar’s nie iemand om my op te tel nie
En niemand is alleen se pel nie
Hier staan ek nou
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein uit die hemel kom
Meneer as die Bloutrein kom
Tot die Bloutrein kom

http://www.realmusic.co.za/
  / vonkmusiek  
  / vonkmusiek  

Subscribe here:    / @realmusicvonkmusiek  

Комментарии

Информация по комментариям в разработке