Bosveldklong gesels oor sy siekte

Описание к видео Bosveldklong gesels oor sy siekte

Pretoria, Gauteng, 7 April - Ná wat vir hom aanvanklik soos 'n doodsvonnis gevoel het, het Thys die Bosveldklong onlangs sy terugkeer na die verhoog gemaak.
Veelvuldige sklerose is einde 2019 by die 47-jarige sanger en aanbieder gediagnoseer.
Dit is 'n ongeneeslike outo-immuunsiekte wat veroorsaak dat 'n persoon se immuunstelsel die beskermende lagie rondom die senuwees afbreek.
Beweeglikheids- en sigprobleme, moegheid en pyn is van die simptome wat pasiënte ervaar.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке