Zaretha van Wyk - Lasarus, kom uit! (Official music video)

Описание к видео Zaretha van Wyk - Lasarus, kom uit! (Official music video)

Lirieke:
Lasarus, kom uit!
© RR Kahts

Vers 1:
As jy net een tree kon vorentoe gee
As jy net kon leer om voluit te kan leef
As jy net kon, as jy net kon, as jy net kon
vry wees

Voorkoor
As elke klip net uit jou pad kon rol, as elke storm net om jou kon stol, as die berge net kon verkrummel & op kon breek en jy al die gevoelens in die pad kon steek
As jy vir oomblik net kon ophou bekommer
en oor al die vrae sonder antwoorde kon
wonder, vorentoe kon kyk en die
verlede as 'n trap gebruik

Koor:
Skuif jou oë, weet dis klaar,
al die krag en die oorwinning is daar
Lasarus, kom uit!
Asem in, asem uit,
Die klip voor jou hart is weggeskuif
Lasarus kom uit!
Lewe, jy is vry!

Vers 2:
As jy inspirasie 'n tweede kans kon gee
As jy vir die stemme wat jou afraai doof kon wees
As jy net kon, as jy net kon, as jy net kon
vry wees

Brug:
Hoor Sy stem, Jy KAN beweeg,
Hy sal nuwe asem aan jou lewe gee,
Hy versterk jou hande en jou knieë
wees braaf en neem die tree

Dankies:
Musiekvideo: Luzanne Potgieter
Kamera Assistent: Arné Adriaan Boshoff
Akteurs: Francois Smith, Marista van Eeden, Chamoné Steyn, Christelle Combrink, Cobus van Rensburg, Lezanne van Zyl, Greta Botha, Anzelle Smith, Johan Combrink
Venue: Acorn Guest Farm
Hare en grimering: Lianke Janse van Rensburg
Produksie: Werner Kahts
Klankmenging: Stefan Swart
Klankmeestering: Darryl De Lange

Hierdie is soveel meer as 'n musiekvideo, dit is 'n kunswerk wat 'n ongelooflike storie vertel waarmee baie sal kan vereenselwig. Elkeen wat betrokke was by hierdie video het bygedra tot hierdie kuns, en saam geskets aan 'n ongelooflike storie van hoop. Ek weet nie hoe om genoeg dankie te sê vir elke persoon wat ingekoop het op hierdie "Passion project" nie. Liewe Luzanne, wat hierdie konsep aanmekaar gesit het, en Arne Boshoff wat haar bygestaan het. Christelle wat so vryelike toegelaat het dat ons haar huis leegdra en hand bygesit het waar dit nodig was. My man, en rots, Stiaan, wat rondgehardloop het en gesorg het dat almal alles het wat hulle nodig het (ek het jou so diep lief). Acorn Guest Farm wat hulle verskriklike mooi fasiliteite aan ons beskikbaar gestel het. Elke persoon en akteur wat hulle tyd en kuns na die tafel toe gebring het, dankie is nie genoeg nie.

Luister die liedjie hier:
https://distrokid.com/hyperfollow/zar...

'n Woord van Ruth Rozanne Kahts:
Miskien voel jy vasgevang, opgesluit en alleen. Asof jy net nie kan vorentoe beweeg nie, asof die Here ver is, dat Hy kwaad en teleurgesteld in jou is. Asof jy altyd kortkom, nie in staat is nie, nie goed genoeg is nie, nie bekwaam genoeg is nie, of die las net te swaar is en of daar kettings is wat jou aan jou verlede bind. Dan moet jy vandag Sy stem oor jou hoor; ‘Jy is vry!’

Jy IS vergewe, losgemaak en vrygespreek. En wanneer jy jou vertroue in Sy liefde vir jou, aan die kruis, sit - kan niemand meer ‘n vinger na jou toe wys om jou te veroordeel nie. Wanneer daardie gedagtes kop uitsteek om jou in die graf, jou ou lewe, te probeer hou - onthou Sy oneindige liefde vir jou.

Jy moet weet, elke las, elke ketting en elke slot is reeds gebreek. Die prys vir elke fout wat jy ooit gemaak het, en nog kan maak, is reeds voor betaal. Deur Sy liefde vir jou, is jy nie meer wie jy was nie, jou graf is nie meer jou huis nie. Net soos met Lasarus het God jou in ‘n nuwe lewe ingeroep en deur die krag van die kruis is die ou verlede mens begrawe. Jy hoef nie meer op jou eie krag staat te maak nie. Jy hoef nie meer self te probeer nie. Jy hoef nie meer die verlede saam te sleep nie. Jy is geroep om sonder las & leed saam met die Een wat jou hand vashou, jou dra, jou oneindig lief het vorentoe, die lig in te beweeg. Jy is vrygemaak, losgemaak, vrygekoop om in vryheid saam met Hom te LEWE!

JY is die een wat Hy liefhet! Kyk op, die klip is weggerol! Sien Sy liefde vir jou & glo dit. Daar is geen skeiding meer tussen jou en Hom nie. Sien Hom met ope arms wag, met die diepe verlange om jou te omhels, styf in Sy arms vas te hou, elke traan af te vee en elke tree tot in ewigheid saam met jou te gee.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке