Red ons klein dorpies - Vanwyksvlei

Описание к видео Red ons klein dorpies - Vanwyksvlei

Klein dorpies is die enjinkamer van die platteland. Maar ons dorpies is onder beleg. Familieboerderye is die brandstof wat klein dorpies aan die gang hou.

Vir Saai as n netwerk vir familieboere is elke dorpie n kleinood. Meer as net n naam op n kaart, is ons dorpies deel van wie ons is en waar ons vandaan kom.

Vanwyksvlei is so n dorpie. Die langste droogte in ons geheue het die dorp op sy knieë. Met n bietjie hulp kan Vanwyksvlei oorleef. Daar moet nuut gedink en oorgedoen word. Daar moet n brug gebou word tussen die verstikkende toestande van vandag en die dag wanneer dit weer gereën het, die veld weer uitgegroei het, die flaminke weer natvoet in die panne staan en die lammers weer speel. Ons bou daardie brug van hoop baksteen vir baksteen met kospakkies, voerskenkings, bydraes aan die plaaslike gemeente en bokse vir familieboere.

Om n bydrae te maak vir Vanwyksvlei gebruik die bankbesonderhede hieronder:
Bank: FNB
Rekeningnaam: Saai NPC
Rekeningnommer: 62809459309
Taknommer: 252045
Swift Kode: FIRNZAJJ
Verwysing: VANWYKSVLEI

Комментарии

Информация по комментариям в разработке