Andries Bezuidenhout - Roep van die Rooivlerkspreeu

Описание к видео Andries Bezuidenhout - Roep van die Rooivlerkspreeu

Roep van die rooivlerkspreeu, van Andries Bezuidenhout se album "Trooskantates" (wat op 5 Julie 2024 beskikbaar sal wees). 'n Denkbeeldige gesprek met spreeu oor die spanning tussen die behoefte om iewers tuis te wees en om van tyd en ruimte te kan ontsnap. Die videomateriaal is by Westbrook plaas naby Graaff-Reinet in die Karoo verfilm. Dit werk met "time-lapse" beelde om mense, lig en wolke se bewegings vinniger en stadiger te maak.

Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
Opgeneem en gemeng deur Andries Bezuidenhout
Klankmeester deur Willem Möller

ROEP VAN DIE ROOIVLERKSPREEU

As die son net vir ‘n oomblik
Agter berge weg wou bly
Sou ek dalk tog uiteindelik
In drome weg kon gly
Maar die wekker op die boekrak
Hou aan om te marsjeer
Teen ‘n onverbiddelike pas
Word ure aangekeer

As jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg?
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
En as jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg?
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu

Jou vroeg kon hoor in die oggendmis
Nog voor jy op die geut kom sit
Jou roep is ongedurig
Jou fladder wispelturig
My generasie vrees sentiment
Ons harte klop koue sement
Is dit die dat ek so projekteer
Oor wat mens by ‘n spreeu kan leer

As jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg?
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
En as jy iewers sou land
Maak jy nes of vlieg jy weg?
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu

Ek ken Central Park en Voldelpark
Selfs Zanzibar se ou nagmark
Sou jy daar aard wonder ek
Hoe kies ‘n spreeu sy landingsplek?
Hier’s darem minder ligte
En daarom skyn die sterre stip
Herinner my tog hieraan
As jy môre teen my venster pik

En as jy iewers land
Maak jy nes of vlieg jy weg?
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu
En as jy iewers sou land
Maak jy nes of vlieg jy weg?
Rooivlerkspreeu, o rooivlerkspreeu
Jy’s ook in die verkeerde eeu

© Andries Bezuidenhout

Комментарии

Информация по комментариям в разработке