Andries Bezuidenhout - Droom van die Kamdeboo

Описание к видео Andries Bezuidenhout - Droom van die Kamdeboo

Droom van die Kamdeboo, van Andries Bezuidenhout se album "Trooskantates" (5 Julie 2024 vrygestel). In die Kandeboo verfilm en 'n bietjie meer trippy gemaak met behulp van animasie en kunsmatige intelligensie. In die video is daar verwysings na road trips deur die woestyn in Suid-Afrikaanse en Amerikaanse populêre kultuur (Thelma & Louise, Bagdad Café, Jack Kerouac). 'n Fantasie, 'n droom, of 'n herinnering van 'n rit deur die Karoo in 'n daklose Mercedes-Benz uit die 1970s.

Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
Opgeneem en gemeng: Andries Bezuidenhout
Klankmeester: Willem Möller

DROOM VAN DIE KAMDEBOO

Kyk in die truspieël kom die son nou op
Koffie uit die Stanley vir ‘n oomblik se stop
By bankies van beton onder ‘n bloekomboom
Onderkant die bergpas is die Kamdeboo

Die spoedmeter is vlot en volkome tweetalig
Dit praat kilo’s per uur, maar is ook in myle vaardig
Jy lees jou spoed nie op ‘n naald nie, maar horisontaal
Soos ons seil verby ‘n rooivalk op ‘n telefoonpaal

Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
Mixtape op die deck vir die beat hier binne
Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens
‘n Blink swart convertible seventies Benz

Ja, Lucy Jordan kan die Eiffeltoring maar hou
Van Thelma en Louise kan ek net die einde onthou
Na Bagdad Café sal jy vir ewig hier rond soek
En vir Jack Kerouac het ons dekades gelede gegroet

Matchbox full of diamonds, en Riders on the storm
Die Mystic Boer dans doer in ‘n warrelwind rond
Oor die speakers sing Kerkorrel weer oor ‘n sprinkaanplaag
Soos die vlaktes in die skemer in ‘n berghang verdwaal

Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
Mixtape op die deck vir die beat hier binne
Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens
‘n Blink swart convertible seventies Benz

Ons het nêrens om te wees nie, nêrens om heen te gaan nie
En hoe ons hier gekom het gaan niemand juis aan nie
Telefoonpale, vlieswolke daar bo
Net ons en die vlaktes van die Kamdeboo

Rooi leersitplekke, kattebak met vinne
Mixtape op die deck vir die beat hier binne
Tussen Pearston en Graaff-Reinet my grootste wens
‘n Blink swart convertible seventies Benz

Is hierdie die waarheid, of iets wat ek onthou
Of dalk net ‘n wens of ‘n droom vir nou?
Maar dis ek agter die stuur en jy langs my
Van Pearston al die pad by Graaff-Reinet verby

© Andries Bezuidenhout

Комментарии

Информация по комментариям в разработке