Beesstert met Witwyn Ep. 3- Kosmeester Kortes

Описание к видео Beesstert met Witwyn Ep. 3- Kosmeester Kortes

Hierdie resep is grap-maklik and 'n ware plesier om te maak en eet. Gaste wat al by my geëet het, kan eenvoudig nie genoeg van hierdie epiese maaltyd kry nie. 'n Vriendin het aanbeveel dat ek hierdie gereg probeer, en ek moet beaam dat dit een van daardie geregte is wat jy in van die wêreld se heel, heel beste restaurante sal vind. My hele gesin is gaande oor hierdie gereg en dit is ook die tipe beesstert pot wat in die Somer vorentoe sal smaak, met 'n koue kelkie witwyn in die hand.

Bestanddele:
60 gram gans vet (of olyfolie)
1.5kg - 2kg Beesstert
3 Groot wortels geskil en opgekap
4 Preie gewas en opgekap (alternatiewelik 2 groot uie)
50 gram koekmeel
1 bottel droë witwyn (of 'n half bottel rooi - in hierdie geval voeg aartappels ook in die pot)
Hoenderaftreksel (om vleis mee te bedek)
Bouquet Garni (Kruiebossie, gemaak met genoeg vars roosmaryn, tiemie en oreganum)
Geurmiddels (Sout en Swart Peper)

Opsioneel: Kosmeester Kortes Braaimeester Geur Vleisspeserye en die Kosmeester Kortes Knoffel & Kruie)

Metode Sien video.

#beestert #kosmeesterkortes #beesvleis

Комментарии

Информация по комментариям в разработке