Die Krom Lewe op die Reguit Pad

Описание к видео Die Krom Lewe op die Reguit Pad

Die Krom Lewe op die Reguit Pad, of... die Reguit Lewe op die Krom Pad.
Is ‘n mens bestem om alles te weet en te verstaan? Wat doen jy as daar dinge gebeur waaroor jy voel God kon ingegryp en dinge anders laat verloop het? Prediker se antwoord is dat jy die selfopgelegde las, naamlik dat jy alles moet verstaan en beheer, van jou skouers kan afgooi: ontspan en hou op om jou moeg te maak deur die lewe te probeer beheer... Laat dit aan God oor. In hierdie erediens, deur ds Koos Nel van die NG Gemeente Haakdoorn, kyk ons na hoe die Here vir ons raad (vir die lewe in ons deurmekaar wêreld) gee in Prediker 7:13-22.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке