Die Laaste Afrikaanse Kerk - 125 jaar in die Middestad (Vollengte video) Woorde uit sy Woning

Описание к видео Die Laaste Afrikaanse Kerk - 125 jaar in die Middestad (Vollengte video) Woorde uit sy Woning

In die volksmond staan sy bekend as die Paul Kruger Kerk. Ons praat van “sy”, want sy is die moeder van al die Gereformeerde kerke in Pretoria. Jy moet mooi kyk om haar raak te sien, want daar waar sy staan op die hoek van WF Nkomo en Kgosi Mampuru Street (voorheen Kerk- en Potgieterstraat) is sy gedeeltelik verberg deur bome en halfvoltooide toringblokke. Jy sal haar ook nie sommer hoor nie. Die klokkegelui en Psalmgeklank tussen haar mure op Sondae kompeteer met ‘n eindelose getoet van kliënt soekende taxi’s.

Sy is die laaste Afrikaanse kerk in die middestad van Pretoria.

Die Paul Kruger kerkgebou is stom, soos sy nog altyd was. En tog is sy die perfekte klankbord vir al die stemme en geluide van binne en van buite. In haar beginjare in 1900 het sy die geknars van die invallende Britse soldatestewels en offisiersbevele weerklank. So ook die klap van die osdrywerswepe. Vandag is dit die eindelose stadsverkeer en die geroep van straatverkopers. Binne die stewige mure word die Evangelie geabsorbeer en elke stukkie grein op elke houtbank getuig van oordeel en ‘n genade onbeskryflik groot.

Soos almal van ons wys sy ook uiteindelik nou al haar ouderdom. Die verweer sypel oral in: die geute werk nie altyd meer so goed nie. Die reuse Jakarandaboom, nog geplant deur Schieke gooi jaarliks sy blare op die dak. Dit veroorsaak verstoppings. Die muf slaan uit teen die mure. Die orrel het dringend aandag nodig. Die reuse weerkaatsende glasvensters van die saalgebou moet vervang word. Die tuin en die veiligheidsheining moet in stand gehou word. Soos elders word die gemeente jaarliks armer aan kinders en middele.

Arie Stavast is emeriti predikant in die gemeente. Hy volg in die voetspore van sy vader wat ook daar die Woord verkondig het. Ds Arie is moedig. Hy glo dat, solank daar nog lidmate in die gemeente is, hulle nie sal toelaat dat die besonderse kerkgebou tot niet gaan nie. Dit is waar, maar hulle sal hulp nodig hê ...

Die Laaste Afrikaanse Kerk is ‘n dokumentêre video, wat deur Gustav en Ina Opperman in opdrag van Solidariteit Helpende Hand vervaardig word. Dit is tydens die Krugerdag vieringe op 10 Oktober 2021 by die kerkgebou bekend gestel.

Kontakbesonderhede:
Ds Gustav Opperman +27 083 503 4886
en Ina Opperman +27 83 650 2186
[email protected]

Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op [email protected] Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: [email protected] Ons sal u graag wil bedank.

Musiek gebruik in hierdie video:

1) Gebed van Pau Kruger Kopiereg: @ChrisChameleon Met groot waardering!

2) Nostalgic places Place Calm Myuu 2:23
YouTube Audio Library License for the above track and all the other tracks not otherwise indicated:
You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required.
YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video.
You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted).

3) Spacetime Blues Cinematic Sad Loopop 2:38
4) Renunciation Classical Sad Asher Fulero 3:42
5) Heart Strings Classical Romantic Coyote Hearing 3:07

6) Allégro Emmit Fenn
Do not find copyright info. Rapported it in Feedback

7) Decision Cinematic Sad The Tower of Light 3:03

8) Jesus, meine Zuversicht Classical Inspirational Sir Cubworth 2:14

9) Ps 84 & Ps 116 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble)
Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Tel: 018 297 3986/7/8/9
Faks: 018 293 1042
[email protected]
Toestemming: Ds Eric Kayayan

10) Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning:
Ps Ps 122 Glorieryke Psalms www.ico.org.za [email protected] Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers

Комментарии

Информация по комментариям в разработке