SING, HOOP, WEERKLINK-konsert| Helpende Hand |Hannes Noëth

Описание к видео SING, HOOP, WEERKLINK-konsert| Helpende Hand |Hannes Noëth

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand vertel meer oor die SING, HOOP, WEERKLINK-konsert!

Solidariteit Helpende Hand bied met trots ons eerste SING, HOOP, WEERKLINK-konsert, ten bate van persone met gestremdhede, aan. “As ek kan, kan jy ook” – ‘n boodskap van gestremdes Hierdie konsert is eie in sy soort en beloof om ʼn wonderlike geleentheid vir die publiek te wees. Dit word op 30 November 2021 by die Voortrekkermonument (Buitelug langs die voortrekkersaal) in Pretoria aangebied.

Die Solidariteit Helpende Hand-familie glo daarin om deur maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling na die holistiese welstand van ons mense om te sien. Dit word moontlik gemaak deur sterk strukture wat volhoubare projekte en oplossings aan ons kleuters, gesinne, bejaardes en persone met gestremdhede bied.

Hierdie konsert is ʼn hoopsaaikonsert; dis ʼn simboliese tree van hoop wat persone met gestremdhede vat en hardop sê: “SING, HOOP, WEERKLINK – as ek kan, kan jy”. Kom ons saai hoop.

Kunstenaars soos Demi Lee Moore, Mathys Roets, Ricus Nel en Vernon Barnard gaan by die geleentheid optree. ʼn Paralimpiese atleet gaan ook ʼn getuienis en boodskap van hoop deel. Solidariteit Helpende Hand sal by die geleentheid Drihan du Plessis se lied “SING, HOOP, WEERKLINK” bekendstel.

Комментарии

Информация по комментариям в разработке