19-SLEUTELS VAN VERANTWOORDELIKHEID - Andries Enslin, 14 Oktober 2018

Описание к видео 19-SLEUTELS VAN VERANTWOORDELIKHEID - Andries Enslin, 14 Oktober 2018

19-SLEUTELS VAN VERANTWOORDELIKHEID
19de VERJAARDAG REEKS

JESUS DEEL DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN SY KERK

Jesus vra hulle toe trompop: “En wat sê julle van My? Wie is Ek volgens julle?” Simon Petrus het nie ’n oomblik gehuiwer nie: “U is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die lewende God.” Daarop sê Jesus: “Jy is baie gelukkig, Simon seun van Jona! Want jy het dit nie by ander mense gehoor nie. Nee, my Vader in die hemel het self hierdie groot waarheid aan jou bekendgemaak. Noudat jy gesê het wie Ek is, gaan Ek ook vir jou sê wie jy regtig is. Jy is Petrus, die rots. Op hierdie rots sal Ek my kerk bou. Hierdie belydenis is so groot dat selfs nie eens die grootste magte van die hel sterk genoeg is om dit stil te maak nie. Ek gaan ook vir jou die sleutels van God se nuwe wêreld gee. Jy kan nou die pad daarheen vir ander mense oopsluit en toesluit. Jy moet in my Naam vir mense sê hoe om daar te kom. Op hierdie manier sluit jy dan die deur na God se koninkryk vir hulle oop. Wanneer hulle nie na jou wil luister nie, moet jy vir hulle sê dat God se oordeel op hulle rus. So sluit jy dan die deur soontoe vir hulle toe.” Matteus 16:15-19 (DB)

OP 19-JARIGE OUDERDOM GROEI JOU VERANTWOORDELIKHEID

WATTER SLEUTELS IS IN ONS HAND?

7-Ritmes – Dissipelskapkursus: Hoe groei ‘n volgeling van Jesus?
7-Dimensies – Lewenskursus: Hoe leef ‘n volgeling van Jesus?
7-Waardes – Wat is vir ons belangrik?

WAARVOOR HET ONS GESTAAN EN WAARVOOR GAAN ONS STAAN?
1. Alles gaan oor ons Drie-enige God
2. Mense is die kroon van sy skepping
3. Die kerk is sy liggaam op aarde
4. Afrikaans is ons hartstaal

Hulle was heeltemal uit die veld geslaan. “Hoe is dit moontlik?” het hulle uitgeroep. “Almal wat hier praat, is Galileërs, en tog hoor ons hulle in ons moedertaal praat! Hier is ons – Perse, Mediërs en Elamiete, mense wat in Mesopotamië bly, in Judea, Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië na Sirene se kant toe, besoekers uit Rome – Jode sowel as proseliete, Kretensers en Arabiere. Ons almal hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het!” Handelinge 2:7-11 (NLV)

5. Gebalanseerde spiritualiteit

7-Strome van kerkgeskiedenis

6. Groei, verbetering, uitnemendheid

Monastery – stilte, luister
Movement – doen, beweeg, werk
Monument – herdenk, onthou, dankie
Momentum – koninkryk van God is onstuitbaar

7. Invloed, uitgaan

UITDAGING VAN VOLHOUBAARHEID VAN AFRIKAANSE KERK
HOE BEGIN ONS - 19-SLEUTELS?

https://lewensentrum.org.za/alberton/...

Комментарии

Информация по комментариям в разработке