DATUM: 27 APRIL 2025 (OGGEND)
PREDIKER: ANDRIES ENSLIN
TEMA: WAAR IS JY OP “DIE PAD”?
REEKS: VAN PAASFEES TOT PINKSTER
SKRIF: LUKAS 24:13-35 (NLV)
HANDELINGE 2 – DIE PAD, DIE PREEK, DIE PRAKTYK
VERSTAAN DIE PAD
3 jaar – Bekering, saam met Jesus, wonderlik, opgewonde, nuut, geloof is maklik.
3 dae – Dood, verward, ongeloof, verloën, versoeking, struikel, ongeduld, geloof is moeilik in moeilike omstandighede. Opstanding, verstaan nie, maar glo, bly soek.
40 dae – Lering, onderrig, verduidelik koninkryk, versoening, roeping, doel, verantwoordlikheid, hemelvaart, jy verstaan Jesus gaan terug en nou moet jy …
10 dae – Wag, glo, soek, vra, klop.
TWEE OP DIE PAD
Lukas 24:13,16,21-24,28-29,31,33 (NLV)
:13 En kyk, op dieselfde dag was twee uit hulle geledere op pad na ’n dorpie met die naam Emmaus, elf kilometer vanaf Jerusalem.
:16 Hulle oë is egter verhinder om Hom te herken.
:21-24 Ons het bly hoop dat dit Hy is wat Israel gaan verlos. Maar dit is ook al vandag die derde dag vandat al hierdie dinge gebeur het. Sommige vroue uit ons geledere het ons nog boonop heeltemal verwar. Hulle was vanoggend baie vroeg by die graf, maar kon nie sy liggaam daar kry nie. Hulle het kom berig dat hulle ’n visioen van engele gesien het wat gesê het dat Hy lewe. Sommige van ons het na die graf toe gegaan en dit net so aangetref soos die vroue vertel het. Maar vir Hóm het hulle nie gesien nie.”
:28-29 Toe hulle naderkom aan die dorpie waarheen hulle op pad was, het Jesus voorgegee dat Hy verder wil reis. Maar hulle het by Hom aangedring: “Bly by ons oor. Die son trek al water en die dag is verby.” Toe het Jesus by hulle ingedraai om saam met hulle oor te bly.
:31 Toe het hulle oë oopgegaan en hulle het Hom herken. Daarop het Hy voor hulle oë verdwyn.
:33 Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan en die elf aangetref en die ander saam met hulle, …
DIE BLYDSKAP AS JY ...
• Jesus herken.
• Jou opdrag hoor.
• Jou doel besef.
• Geestelike krag ontvang .
• Ander begin vertel.
WAAR IS JY OP “DIE PAD”?
Lukas 11:9-13 (NLV) “En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word. Want enigeen wat vra, ontvang. Enigeen wat soek, vind. En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop. Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.”
Информация по комментариям в разработке