Leer oor Teenoorgesteldes met Tannie Bianca | Leer Interessante Feite en Fantastiese Voorwerpe

Описание к видео Leer oor Teenoorgesteldes met Tannie Bianca | Leer Interessante Feite en Fantastiese Voorwerpe

Kom leer oor teenoorgesteldes met afrikaanse liedjies, rympies, instrumente en speelgoed saam met Tannie Bianca!
- Ons leer oor die teenoorgesteldes vinnig en stadig, groot en klein, hard en sag, op en af, en ver en naby;
- Ons leer oor fantastiese voorwerpe en interessante feite oor elkeen; en
- Ons dans en beweeg ons liggaam met afrikaanse rympies en afrikaanse liedjies.

Om die konsep van teenoorgesteldes te verstaan is belangrik, aangesien dit 'n kind help om te leer hoe om twee verskillende dinge te vergelyk en om 'n meer konkrete begrip van 'n spesifieke konsep te ontwikkel (bv. hard vs sag). Om teenoorgesteldes te leer verbeter ook 'n kind se woordeskat en vermoë om dinge te beskry.

Vir gratis flitskaarte wat julle by die huis kan uitdruk oor teenoorgesteldes - stuur 'n epos aan [email protected]

Hoofstukke:

0:00 Inleiding
0:31 Vinnig en stadig
4:38 Groot en klein
8:45 Slak en muis rympie
10:23 Hard en sag
21:49 Op en af
24:12 Ver en naby
26:40 Ander teenoorgesteldes
28:16 Oop en toe liedjie
29:48 Tata sê

Fotosensitiwiteit waarskuwing tussen tydstempels 11:49 - 12:16 (Weerlig) en 12:50 - 13:06 (Sirene)

______________________________________________________________________________________

Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinder liedjies, lesse en strories het julle die regte plek gevind. Ek maak nuwe videos elke week en probeer dit elke Vrydag oplaai - so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle al my nuwe videos sien sodra dit uit is.

Julle kan my ook volg op my facebook (www.facebook.com/tanniebianca) of Instagram (  / tannie_bianca  )

Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op Youtube, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET!

Kom ons help mekaar om Afrikaans te bevorder!

Комментарии

Информация по комментариям в разработке