Ruth - God gaan voor ons uit (Official Lyric Video)

Описание к видео Ruth - God gaan voor ons uit (Official Lyric Video)

DIE HART
'God gaan voor ons uit' is 'n lied oor die hoop wat in môre lê al staan ons vandag in donker & onsekere omstandighede voor berge wat onmoontlik lyk om uit te klim.

Die Here voorsien, Hy weet wat ons nodig het. In elke situasie wat ons ooit te staan mag kom, is Hy ons reeds vooruit om wat ook al ons mag nodig kry voor te berei. Ons is geneig om voorsiening slegs as geld en materiële dinge te sien, maar God voorsien soveel meer; 'n toekoms, hoop, lewe, instaatstellende krag, tyd, insig, wysheid, rigting, bystand, troos, versterking, rus, geleenthede, guns, beskerming en soveel meer. Ons hoef niks wat in die toekoms lê te vrees nie, want Hy is alreeds daar, 'n lig op ons pad & 'n sterk hand om ons regop te hou en aan ons steun te verleen wanneer ons stilweg op Sy intreding namens ons vertrou. Met sekerheid en vrede in ons harte kan ons seker rus in die wete, dat God voor ons uitgaan, saam met Hom is niks onmoontlik nie!

SKAKELS
Kry 'God gaan voor ons uit' hier:
https://distrokid.com/hyperfollow/rut...

DANKIES
Liedjie Produksie | Werner Kahts
Klankmeng | Stefan Swart
Meester | Kelsey Mastering
Bemarking | Tania Fourie Promosies

LIRIEKE
Vers 1:
Ek lig my oë op,
Waar sal my hulp vandaan kom?
En as dit donker word, wie sal my paaie lei?

Voor-Koor 1:
Die Heer is my lig
Die lamp wat my voete rig
Dis Sy krag wat my dra, wat my in swakheid weer vas laat staan

Koor:
Die berge sal skuif, in die see in gedryf word
Die see sal ‘n pad word en ons sal ongedeerd na die anderkant reis
Sterk vestings sal val, ons sal oorwinning behaal
God gaan voor ons uit

Vers 2:
As gevaar wil dreig,
Wie sal my laat veilig bly?
En as my voet wil gly, by wie sal ek steun kan kry?

Voor-Koor 2:
Die Heer’s my bewaarder,
Die skadu aan my regterhand
Hy laat my hoog op die kranse se randjies staan

(Koor)

Brug:
God gaan voor ons uit, jy hoef niks te vrees
God gaan voor ons, Hy sal namens ons veg
God gaan voor ons - kan stilweg vertrou
God gaan voor ons uit

Koor:
Die berge sal skuif, in die see in gedryf word
God gaan voor ons uit

SOSIALE SKAKELS
Bly op hoogte:

Facebook
  / ruthmusicsa  

Instagram
  / ruthmusicsa  

Webtuiste
https://www.ruthmusic.co.za/


© Ruth Music SA

Комментарии

Информация по комментариям в разработке