EMOSIES/Gevoelens vir kinders in Afrikaans

Описание к видео EMOSIES/Gevoelens vir kinders in Afrikaans

Jou kind gaan sommer lekker gesels oor sy emosies in hierdie prettige Afrikaanse video wat handel oor emosies vir kinders. Nadat jou kind hierdie GRATIS Afrikaanse Opvoedkundige video wat handel oor emosies in Afrikaans gekyk het, gaan hy/sy weet dat dit belangrik is om hulle emosies te verwoord en daaroor te gesels.

Die video behandel 'n verskeidenheid emosies in Afrikaans vir kinders. Gelukkig, hartseer, bang, kwaad, verbaas en grillerig. Al die emosies word bekendgeste deur "emojis", waarmee kinders baie vertroud is. Die video begin met 'n prettige "Pop die ballonne" speletjie wat die ses bekendste emosies bekendstel met woorde.

Nadat die kinders vertroud is met die woorde van die emosies, gesels hulle oor hulle eie emosies. Juffrou of mamma kan gerus die video stop, sodat julle lekker kan gesels oor julle emosies. Dit is uiters belangrik vir kinders om van jonk af te leer dat dit belangrik is om hulle emosies te verwoord en oor hulle gevoelens te gesels.

Die laaste gedeelte van die video sluit die lees van eenvoudige sinne in. Sinne begin altyd met 'n hoofletter en eindig met 'n punt. Die sinne begin met Ek, Jy, Hy en Sy.... Al die sinne handel oor die emosie woorde. Juffrou kan ook die volume van die video sag stel om haar eie stem te gebruik of die video stop om die sinne te herhaal.

Lekker lees en lekker speel terwyl jy leer van die emosies vir kinders in Afrikaans.

There is also an English version available: Emotions for Kids. You can watch it here:
   • EMOTIONS/feelings for kids in English  

Dit is nie altyd 'n maklike taak om kinders te leer hoe om hulle emosies te verwoord of te hanteer nie, daarom het ons nog baie ander oulike video's op ons kanaal wat handel oor emosies: Gaan loer gerus:
   • Emosies vir kinders in Afrikaans  


🌻Pleasant memories – I can/Ek kan – YOUTUBE channel
   / @pleasantmemorieseducation-ican  

Комментарии

Информация по комментариям в разработке