Andries Bezuidenhout - Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry (Remix 2024)

Описание к видео Andries Bezuidenhout - Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry (Remix 2024)

From the album "Bleek Berus" (2009), with the audio remixed in 2024. Een oor die voëlvry-generasie wat nou self in BMW’s ry en te bang is om rylopers op te laai.

Drikus Barnard: Baskitaar, perkussie, elektroniese klavier, elektriese kitaar
Andries Bezuidenhout: Stem, nylon- en staalsnaarkitaar

LIRIEK: DIS NET WERK TOE WAT EK NOG DEUR HILLBROW RY

Liewe Laetitia, ek het lanklaas geskryf
Jy weet, dinge gaan maar rof in hierdie bedryf
Geen tyd meer vir vriende, of tyd om te onthou
ʼn vinnige e-mail om kontak te hou

My kitaar is vol stof waar dit staan in die hoek
Na die trek van die Kaap af is al my LP’s nou soek
Daar was bokse vol foto’s, leggers vol briewe
Die uitsorteer laat ek nou maar oor aan die diewe

En ek weet nie meer vir wie om my hart te gee nie
En tog het ek nooit daai ou songs verleer nie
Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry

Jy weet, ek ry nou die dag verby die Chelsea Hotel
Vensters toegespyker, haar dae is getel
Geen Mini-Cult Cinema, geen Estoril Books
Hoe gaan dit in Londen, het jy gevind wat jy soek?

En ek weet nie meer vir wie om my hart te gee nie
En tog het ek nooit daai ou songs verleer nie
Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry

Bernoldus en Kerkorrel is albei dood
En Kombuis se kinders is al amper groot
Laetitia, ek weet ek moet jou keuse respekteer
Maar tog moet ek sê ek het iets geleer

Al weet ek nie vir wie om my hart te gee nie
En al weet ek nie hoe het ek liefhê verleer nie
Dis net huis toe wat ek nog deur Hillbrow ry
Tog is ek vasgeanker, moet ek hier bly
Is ek deel van hierdie land met liefde en haat
Het ek te veel gegee en te veel gevat
Om die donker land nou te verlaat
Om die donker, donker land nou te verlaat

So nag, liewe Laetitia, jy moet lekker slaap
Ek druk alweer delete, laat ons dit hierby laat
Droom sagte drome in die noordelike nag
In die suide van Afrika sal ek vir jou wag

© Andries Bezuidenhout

Комментарии

Информация по комментариям в разработке