Andries Bezuidenhout - Mombak se sin (Remix 2024)

Описание к видео Andries Bezuidenhout - Mombak se sin (Remix 2024)

A track from the album "Bleek Berus" (2009), with the audio remixed in 2024. Oor ʼn man wie se seun tydens ʼn rooftog doodgeskiet is. Met wie praat hy as hy daar by die kombuistafel sit? Hierdie lied praat met Moord Greeff se liriek “Dronk op jou eie” op die Brixton Moord & Roof Orkes se album “Spergebied”, asook die “Pikaninie-wiegelied” deur Walter Spiethoff.

Drikus Barnard: Baskitaar, orrel, klankeffekte
Andries Bezuidenhout: Stem, staalsnaarkitaar
Andrew Evans: Tromme
Jan Swart: Elektriese kitaar

LIRIEK: MOMBAK SE SIN

Welkom by die venster van my kombuis
Die drama wat hier afspeel sal ek jou wys
Een tafel, een stoel en een akteur
Kom wag maar vir Godot by die agterdeur

Die buislig neurie my dronkmanslied
Die yskas sidder om my te ontbied
Kom haal ʼn blokkie koue vir die klingel in jou glas
Kom kry daardie rillings wat jou gorrel was

As jy soms wonder met wie ek praat
As ek mompel by die tafel in die aande laat
As ek nie drink kry ou Mombak sy sin
Byt hy my neus af en ore

Jy dink jy's onsigbaar maar ek voel jou oë
Jou neus teen die venster, jou onvermoë
Om jou staar te verdoesel verklap jou alweer
Dis Mombak wat waarsku teen jou die voyeur

Verlies is vir mense met iets te verloor
Smart is vir vrate in die middernagkoor
Ek kla nie, ek huil nie, ek vra nie applous nie
Niemand hier is lus om vir iemand te flous nie

As jy soms wonder met wie ek praat
As ek mompel by die tafel in die aande laat
As ek nie sluk kry ou Mombak sy sin
Byt hy my neus af en ore

My pad is reguit, maar ek's lankal verlore
Ek volg maar gedwee in genetiese spore
Dis ek, manalleen, met ʼn donkermaan
Dis ek en Mombak, net ons twee saam

As jy soms wonder met wie ek praat
As ek mompel by die tafel in die aande laat
As ek nie suip kry ou Mombak sy sin
Byt hy my neus af en ore

© Andries Bezuidenhout

Комментарии

Информация по комментариям в разработке